Koning Jojagin van Juda was die seun van Jojakim. Koning Nebukadnesar van Babel het hom in ballingskap weggevoer. Hy het saam met Jojagin ook die leiers van Juda, die ambagsmense en ander opgeleide persone uit Jerusalem na Babel toe gebring. Nadat dit gebeur het, het die HERE my ’n visioen laat sien van twee mandjies met vye wat voor die tempel van die HERE staan. In een van die mandjies was daar vars, ryp vye. Die vye in die ander mandjie was sleg, so sleg dat geen mens dit kon eet nie. Die HERE het toe vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien vye. Sommige van die vye is baie goed terwyl ander so sleg is dat ’n mens dit nie kan eet nie.” Die HERE het toe vir my hierdie boodskap gegee: “Die HERE, die God van Israel sê: Die goeie vye verteenwoordig die ballinge wat Ek uit Juda na die land van die Babiloniërs gestuur het. Ek sal ’n oog oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hierdie land toe laat terugkom. Ek sal hulle herstel en nie weer afbreek nie. Ek sal hulle nie ontwortel nie, maar hulle plant. Ek sal hulle ’n ingesteldheid gee om My weer as die HERE te ag. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My weer heelhartig dien. “Soos die slegte vye wat so sleg is dat niemand dit kan eet nie,” sê die HERE, “só is koning Sedekia van Juda en sy leiers, die res van die mense van Jerusalem wat in die land agtergebly het en dié wat in Egipte woon. Ek behandel hulle soos vye wat te vrot is om te eet.
Lees JEREMIA 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: JEREMIA 24:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's