Op die volgende dag het die groot skare wat vir die fees opgedaag het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het die blaartakke van die palmbome geneem en Jesus tegemoetgegaan en dit uitgeskree: “Prys God! Geseënd is Hy wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!” Jesus het ’n donkievul gekry en daarop gaan sit soos dit geskryf staan: “Hou op om bang te wees, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom, Hy sit op ’n donkievul.” Jesus se dissipels het hierdie dinge aanvanklik nie verstaan nie, maar toe Hy eers verheerlik was, het hulle onthou dat die dinge wat daar oor Hom geskryf is, juis dié dinge is wat met Hom gebeur het. Die skare wat om Jesus saamgedrom het toe Hy vir Lasarus uit die grotgraf geroep en hom uit die dood opgewek het, het aangehou om daaroor te getuig. Daarom het die skare Jesus tegemoetgegaan omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie wonderteken gedoen het. Die Fariseërs het toe vir mekaar gesê: “Kyk mooi, julle vorder niks nie, die hele mensdom loop agter hom aan!”
Lees JOHANNES 12
Luister na JOHANNES 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 12:12-19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's