Daar was ook ’n klompie Grieke onder dié wat opgetrek het om op die fees te kom aanbid. Dié mense het toe na Filippus, wat vanaf Betsaida in Galilea gekom het, gegaan en vir hom gesê: “Meneer, ons wil graag vir Jesus ontmoet.” Filippus gaan vertel dit toe vir Andreas. Daarop gaan Andreas en Filippus en vertel dit saam vir Jesus. Jesus reageer toe daarop: “Die uur het aangebreek dat Ek, die Seun van die Mens, verheerlik moet word. Ek verseker julle, as ’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy ’n groot opbrengs. Wie hulle eie lewe liefhet, verloor dit; maar wie hulle lewe in hierdie wêreld haat, sal dit met die oog op die ewige lewe behou. Iemand wat in my diens wil staan, moet My aanhou volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand in my diens staan, sal die Vader aan hom eer betoon. “Nou is Ek hewig ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: ‘Vader, red My uit hierdie uur’? Tog het Ek juis vir hierdie uur gekom. Vader, verheerlik ú Naam!” Toe het daar ’n stem uit die hemel gekom: “Ek het dit alreeds verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.” Die skare wat daar rondgestaan en dit gehoor het, het beweer dat daar ’n groot donderslag was. Ander het gesê: “’n Engel het met hom gepraat.” Toe reageer Jesus: “Hierdie stem was nie ter wille van My nie, maar ter wille van julle. Nou vind die oordeel oor hierdie wêreld plaas; nou sal die leier van hierdie wêreld na buite toe uitgedryf word. En wanneer Ek van die aarde af aan die kruis verhoog word, sal Ek almal na My toe trek.” Dit het Jesus gesê en terselfdertyd aangedui watter soort dood Hy sou sterf.
Lees JOHANNES 12
Luister na JOHANNES 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 12:20-33
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's