JOHANNES 13:12-17

JOHANNES 13:12-17 NLV

Nadat Jesus hulle voete klaar gewas het, het Hy sy bo-klere aangetrek en weer aangelê by die ete. Hy sê toe vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Julle noem My Leermeester en Here, en tereg só, want Ek is dit. As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Hoe waar is dit tog nie: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie en ’n gestuurde ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle geseënd wees as julle dit ook doen.”

Video vir JOHANNES 13:12-17

Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 13:12-17