LEVITIKUS 19:9-10
LEVITIKUS 19:9-10 NLV
“Wanneer julle julle lande oes, moenie die graan tot teen die kante van die veld oes nie, en moet ook nie dit optel wat val nie. Dieselfde geld vir die druiwe-oes. Moenie elke moontlike druiwetros afoes nie en moet ook nie druiwekorrels wat op die grond geval het, optel nie. Laat dit daar vir die armes en die vreemdelinge wat tussen julle woon, want Ek, die HERE, is julle God.


