LEVITIKUS 23:2-6

LEVITIKUS 23:2-6 NLV

“Gee vir die Israeliete instruksies oor die feeste wat die HERE aangewys het, feeste waarheen julle almal opgeroep word om My te kom aanbid. Jy mag elke week vir ses dae lank werk, maar op die sewende dag moet alle werk tot stilstand kom. Dit is die HERE se Sabbatdag van algehele rus. Dit is ’n heilige dag om bymekaar te kom vir aanbidding. Dit moet nagekom word waar julle ook al woon. Behalwe die Sabbatdag, het die HERE ook feeste ingestel, heilige byeenkomste wat op spesifieke tye gedurende die jaar gehou moet word.” “Die Paasfees van die HERE begin teen skemer op die veertiende dag van die eerste maand. Die dag na die Paasfees begin die Fees van die Ongesuurde Brood. Die fees vir die HERE hou vir sewe dae lank aan en gedurende dié tyd mag julle net brood eet wat gemaak is sonder suurdeeg.