LEVITIKUS 4:1-13

LEVITIKUS 4:1-13 NLV

Toe het die HERE vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Wanneer hulle onopsetlik sondig deur iets te doen wat die HERE in sy gebooie verbied het, moet hulle soos volg optree. “As die hoëpriester sondig en so die hele volk skuldig maak, moet hy ’n jong bul sonder liggaamsgebrek vir die HERE bring. Hy moet die bul vir die HERE by die ingang van die tent van ontmoeting bring, dan moet hy sy hand op die kop van die bul lê en dit daar in die teenwoordigheid van die HERE slag. Die hoëpriester moet van die bloed van die bul in die tent van ontmoeting invat, sy vinger in die bloed steek en dit sewe keer in die teenwoordigheid van die HERE teen die gordyn van die Allerheiligste sprinkel. Die priester sal dan van die bloed op die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die HERE in die tent van ontmoeting smeer. Die res van die bul se bloed moet teen die onderkant van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting uitgegooi word. Die priester moet vervolgens alle vet verwyder rondom die binnegoed van die bul, die twee niere met die vet rondom en ’n deel van die lewer. Dit moet hy op die brandofferaltaar verbrand, net soos wat met die bul of koei vir die maaltydoffer gedoen word. Maar die res van die bul – sy vel, vleis, kop, pote, binnegoed en mis – moet weggevat word na ’n afgesonderde plek buite die kamp, die plek waar die as gegooi word. Hy sal dit alles in ’n houtvuur op die ashoop verbrand. “As die hele gemeenskap van Israel iets doen wat deur die HERE verbied word en dit ontgaan die gemeenskap, is almal skuldig.