LEVITIKUS 4:1-13

LEVITIKUS 4:1-13 Bybel vir almal (ABA)

Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer iemand sonde doen teen een van die gebooie van die Here, wanneer hy iets doen wat hy nie mag doen nie, maar hy weet dit nie, dan moet julle só doen: “Wanneer die gesalfde priester sonde gedoen het en hy het die volk skuldig laat word, dan moet hy 'n gesonde bul vir die Here gee. Dit is 'n sonde-offer. Hy moet die bul bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy moet sy hand op die kop van die bul sit en hy moet die bul daar voor die Here slag. Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en hy moet dit bring na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Dan moet hy sy vinger in die bloed steek en hy moet die bloed sewe maal voor die gordyn van die gewyde plek spat. Daarna moet hy 'n bietjie van die bloed smeer aan die horings van die wierook-altaar, daar voor die Here in die tent, en dan moet hy al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die brandoffer-altaar voor die tent. Dan moet hy al die vet van die sonde-offerbul uithaal. Dit is die netvet, die vet aan die binnegoed, die twee niere saam met die niervet aan die kruis, en die punt van die lewer wat hy saam met die niere uithaal. Hy moet dit doen soos hy gedoen het met die dier vir die ete-offer, en hy moet dit op die brandoffer-altaar verbrand. Maar hy moet die bul se vel, en ook al sy vleis, sy kop en pote, sy binnegoed en sy pensmis, die hele bul, buite die kamp neem na 'n rein plek, die ashoop. Daar moet hy dit verbrand op 'n houtvuur. “Miskien het die hele volk Israel sonde gedoen, maar hulle weet dit nie, hulle het iets gedoen teen een van die gebooie van die Here, iets wat 'n mens nie mag doen nie, en hulle het skuldig geword.

LEVITIKUS 4:1-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen — as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring; en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE. Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring, en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom. Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is; en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem — soos dit van die dankofferbul afgelig word — en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar. Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis — die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word. En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word

LEVITIKUS 4:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Wanneer iemand onopsetlik teen enige van die gebooie van die Here sondig en iets doen wat hy nie mag doen nie, moet soos volg gehandel word: “As die gesalfde priester sondig en so die volk skuldig maak, bied hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n bul sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aan die Here aan. Hy bring die bul by die ingang van die tent van ontmoeting, sit sy hand op die bul se kop en slag dit daar in die teenwoordigheid van die Here. Dan vat die gesalfde priester van die bul se bloed, bring dit na die tent van ontmoeting toe, steek sy vinger in die bloed en sprinkel van die bloed sewe maal in die teenwoordigheid van die Here op die voorkant van die voorhangsel in die heiligdom. Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting. Die res van die bul se bloed gooi hy alles uit teen die fondament van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting. Hy verwyder ook al die vet van die sondeofferbul, die vet wat die binnegoed bedek, dié aan die binnegoed self, die twee niere met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niere verwyder word, net soos dit verwyder word by die maaltydofferbul. Die priester verbrand die vet dan op die brandofferaltaar. Die vel van die bul, al die vleis saam met die kop en pote, die binnegoed wat oor is, en die pensmis, die hele bul, word dan buitekant die kamp gebring na 'n rein plek toe, die plek waar die as weggegooi word, en daar op 'n houtvuur verbrand. Dit word op die ashoop verbrand. “As die hele volk Israel onopsetlik sondig, en 'n misdaad teen die Here begaan sonder dat hulle weet dat hulle 'n gebod van die Here oortree

LEVITIKUS 4:1-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die HERE het vir Moses gesê: “ Sê vir die Israeliete, ‘Iemand sondig dalk onopsetlik teen een van al die HERE se gebooie en doen iets wat nie gedoen mag word nie. As die gesalfde priester sondig, sodat die volk skuldig is, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek vir die HERE as •reinigingsoffer bring. Hy moet die bul na die ingang van die •Tent van Ontmoeting voor die HERE bring, sy hand op die kop van die bul lê en dit voor die HERE keelaf sny. Dan moet die gesalfde priester van die bul se bloed neem en dit in die Tent van Ontmoeting invat. Die priester moet sy vinger in die bloed doop en van die bloed sewe maal voor die HERE sprinkel aan die voorkant van die voorhangsel van die heiligdom. Die priester moet ook van die bloed smeer aan die horings van die altaar vir die geurige reukwerk wat in die Tent van Ontmoeting voor die HERE staan. Die res van die bul se bloed moet hy uitgooi teen die basis van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting staan. Die een wat die offer bring, moet ál die vet uit die bul vir die reinigingsoffer uithaal: die vet wat die binnegoed bedek en al die vet aan die binnegoed, sowel as die twee niere met die vet daaraan wat teen die kruis lê. Die lewerlob moet hy saam met die niere verwyder, soos wat dit uit die bul vir die •maaltydoffer uitgehaal word. Daarna moet die priester dit alles op die brandofferaltaar verbrand. Maar die vel van die bul en al sy vleis, asook sy kop, pote, binnegoed en pensmis, ja, die hele bul moet hy uit die kamp uitvat na 'n rein plek, na die stortplek van die vetterige as en dit op 'n houtvuur verbrand. By die stortplek van die vetterige as moet dit verbrand word. “ ‘ As die hele volksvergadering van Israel onopsetlik iets verkeerds doen en die geloofsgemeenskap merk nie eers op dat hulle gedoen het wat een van die gebooie van die HERE sê nié gedoen mag word nie, is hulle skuldig.

LEVITIKUS 4:1-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n siel uit onkunde sondig teen enige van die gebooie van die HERE aangaande dinge wat nie gedoen moet word nie, en teen een van hulle doen; As die priester wat gesalf is, sondig volgens die sonde van die volk; laat hom dan vir sy sonde wat hy gesondig het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring. En hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE; en hy moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul voor die aangesig van die HERE slag. En die priester wat gesalf is, moet van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring. En die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom. En die priester moet van die bloed aan die horings van die reukwerk van speserye stryk voor die aangesig van die HERE wat in die tent van samekoms is; en al die bloed van die bul moet uitgiet op die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is. En hy moet al die vet van die sondofferbul daaruit afhaal; die vet wat die binnegoed bedek, en al die vet wat aan die binnegoed is, En die twee niere en die vet wat daarop is, wat by die sye is, en die sel bokant die lewer, met die niere, moet hy wegneem; Soos dit van die bul van die dankoffer afgehaal is, en die priester moet dit op die brandofferaltaar aan die brand steek. En die vel van die bul en al sy vlees, met sy kop en met sy bene en sy binnegoed en sy mis, Selfs die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring na 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op die hout met vuur verbrand; waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word. En as die hele vergadering van Israel deur onkunde sondig en die saak vir die oë van die vergadering verborge is, en hulle iets gedoen het teen enige van die gebooie van die HERE aangaande dinge wat nie gedoen moet word nie, en skuldig is

LEVITIKUS 4:1-13 Die Boodskap (DB)

Die Here het deur Moses die volgende gesê oor iemand wat nie moedswillig was toe hy iets gedoen het wat die Here in sy wette verbied het nie. “As dit die hoof van die dienaars by die tent van ontmoeting is wat verkeerd gedoen het, maak hy dat die hele volk ook skuldig is aan die oortreding. Hy moet vir die fout wat hy gemaak het ’n jong bul sonder enige foute na die Here bring. Dit sal vir sy sonde betaal. Hy lei die bul tot by die ingang van die tent van ontmoeting. Daar sit hy sy hand op die bul se kop. Hy slag dit daar voor die Here. Hy vat dan van die bloed van die bul en gaan daarmee in die tent van ontmoeting in. Daar doop hy sy vinger in die bloed en sprinkel daarvan sewe keer in die teenwoordigheid van die Here op die grond voor die gordyn wat die Here se deel van die res van die tent afskort. Hy smeer ook van die bloed aan die horings aan die punte van die altaar waarop die wierook gebrand word daar in die tent van ontmoeting. Die res van die bul se bloed gooi hy uit teen die onderkant van die ander altaar by die ingang van die tent van ontmoeting. Vervolgens slag hy al die vet van die bul uit wat hy vir sy sonde gebring het: die vetlaag aan die binnekant en die vet aan die binnegoed self. Hy sny ook die twee niere en die vet wat daaraan is, by die kruis uit en die vet van die niere wat by die lewer is. Dit is dieselfde dele wat by die bul uitgesny word wat vir die Here geoffer word om saam met Hom te eet. Hy verbrand dit dan alles op die altaar met vuur. Die res van die bul, sy vel, al sy vleis, sy kop en sy pote, sy binnegoed en alles wat daarin is, alles van die bul, moet hy uitvat buitekant die laer na die plek wat eenkant gesit is vir die vet en die as wat van die tent af kom. Op daardie plek buite die kamp waar die vet en die as gewoonlik verbrand word, moet hy dan al hierdie dele van die bul op ’n houtvuur verbrand. “As die hele geloofsgemeenskap van Israel oortree het, is hulle almal skuldig. Selfs al was die groep onbewus daarvan dat hulle iets gedoen het wat in die Here se wette verbied is, is hulle almal skuldig.

LEVITIKUS 4:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Toe het die HERE vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Wanneer hulle onopsetlik sondig deur iets te doen wat die HERE in sy gebooie verbied het, moet hulle soos volg optree. “As die hoëpriester sondig en so die hele volk skuldig maak, moet hy ’n jong bul sonder liggaamsgebrek vir die HERE bring. Hy moet die bul vir die HERE by die ingang van die tent van ontmoeting bring, dan moet hy sy hand op die kop van die bul lê en dit daar in die teenwoordigheid van die HERE slag. Die hoëpriester moet van die bloed van die bul in die tent van ontmoeting invat, sy vinger in die bloed steek en dit sewe keer in die teenwoordigheid van die HERE teen die gordyn van die Allerheiligste sprinkel. Die priester sal dan van die bloed op die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die HERE in die tent van ontmoeting smeer. Die res van die bul se bloed moet teen die onderkant van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting uitgegooi word. Die priester moet vervolgens alle vet verwyder rondom die binnegoed van die bul, die twee niere met die vet rondom en ’n deel van die lewer. Dit moet hy op die brandofferaltaar verbrand, net soos wat met die bul of koei vir die maaltydoffer gedoen word. Maar die res van die bul – sy vel, vleis, kop, pote, binnegoed en mis – moet weggevat word na ’n afgesonderde plek buite die kamp, die plek waar die as gegooi word. Hy sal dit alles in ’n houtvuur op die ashoop verbrand. “As die hele gemeenskap van Israel iets doen wat deur die HERE verbied word en dit ontgaan die gemeenskap, is almal skuldig.