LUKAS 1:76-79

LUKAS 1:76-79 NLV

En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal die pad van die Here voorberei. Jy sal sy volk vertel hoe om verlos te word: deurdat hulle sonde vergewe word. Vanweë God se tere ontferming is die lig van die hemel op die punt om oor ons te skyn, om lig te bring aan hulle wat in donkerheid en die skaduwee van die dood lewe, en om ons te lei op die pad van vrede.”