Lukas 1:76-79

Lukas 1:76-79 AFR20

En jy, kindjie, profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uitloop om sy paaie gereed te maak, en om sy volk in te lig dat hulle verlos kan word deur die vergewing van hulle sondes, danksy ons God se innige ontferming, waardeur die môreson uit die hoogte oor ons sal opkom, om te skyn oor diegene wat hulle in die duisternis en in die skadu van die dood bevind, en om ons voete op die pad van vrede te plaas.”