MATTEUS 26:17-19

MATTEUS 26:17-19 NLV

Op die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood het die dissipels vir Jesus kom vra: “Waar wil U hê moet ons die paasmaaltyd vir U voorberei?” Hy antwoord toe: “Gaan stad toe na so en so en sê vir hom: ‘Jesus die Leermeester sê: My tyd het gekom. Ek wil by jou die paasmaaltyd saam met my dissipels eet.’” Die dissipels het toe gedoen soos Jesus hulle beveel het en die paasete voorberei.

Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 26:17-19