NEHEMIA 1:7-9

NEHEMIA 1:7-9 NLV

Ons het verkeerd opgetree deur nie die opdragte, voorskrifte en bepalings wat U vir u kneg Moses beveel het, te gehoorsaam nie. “Hou tog in gedagte wat U vir u kneg Moses gesê het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi. As julle egter na My toe terugkeer en my bevele gehoorsaam, sal Ek julle terugbring na die plek waar Ek verkies dat julle My moet aanbid, al is julle oor die uithoeke van die aarde versprei.’