Nehemia 1:7-9

Nehemia 1:7-9 DB

Ook ek en my familie het verkeerd gedoen. Ons het nie genoeg respek aan U bewys nie. Ons het nie geluister na die wette en die voorskrifte wat U aan u kneg Moses gegee het nie. “Dink asseblief aan wat U vir Moses gesê het: ‘As julle die rug vir My draai, sal Ek julle onder vreemde volke verstrooi. Maar as julle terugkeer na My toe en doen wat Ek van julle vra, sal Ek julle weer bymekaarmaak, ook al is julle oor die hele aarde verstrooi. Ek sal julle terugbring na dié plek toe waar Ek gekies het om aanbid te word.’