Hoofsaak is dat julle leefstyl moet pas by die Goeie Nuus van Christus. Só sal ek dan as ek kom, sién of as ek nie kan kom nie, hóór dat julle met één gees vasstaan en soos ’n span eendragtig saamveg vir ons geloof in die evangelie. Ek sal hoor dat teenstanders julle glad nie afskrik nie. Vir hulle is dit ’n bewys dat hulle verlore gaan, maar vir julle is dit ’n bewys dat God self julle red! Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle voer dieselfde stryd wat julle my vroeër sien stry het. En soos julle gehoor het, duur my stryd nog steeds voort.
Lees FILIPPENSE 1
Luister na FILIPPENSE 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 1:27-30
7 dae
Waarom is dit dat mense so maklik mislei kan word aangaande geestelike sake ? In ’n tyd wanneer so baie mense beweer dat húlle al die antwoorde het, kan ons vind dat ons hopeloos verward is, en ’n verwronge begrip van Jesus Christus het. Waarheen kan ons gaan vir ’n duidelike beeld van wie Jesus werklik is?
7 Days
Most of life’s battles are won or lost in the mind. So how do we start winning more of those battles? In this 7-day Bible Plan from Life.Church Pastor Craig Groeschel’s book, we’ll discover how to fight toxic thoughts, overcome out-of-control thinking, and start winning the war in our minds using God’s truth as our battle plan.
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's