FILIPPENSE 1:27-30
FILIPPENSE 1:27-30 Bybel vir almal (ABA)
Die belangrikste van alles is dat julle só moet lewe dat julle lewens pas by die goeie boodskap oor Christus. Julle moet saamwerk en dieselfde dinge dink en glo. Julle moet almal saam hard werk sodat ander mense die goeie boodskap kan glo. Julle moet dit doen wanneer ek na julle toe kom en vir julle sien, maar ook wanneer ek nie kom nie en by ander mense hoor wat julle doen. Julle moet glad nie bang wees vir julle vyande nie. As julle nie vir hulle bang is nie, dan sal dit vir hulle wys dat God hulle sal straf, maar dat Hy julle sal red. God is goed vir julle, Hy laat julle glo in Christus, en meer nog, Hy laat julle ook swaarkry. Julle kry swaar omdat julle aan Christus behoort. Julle het gesien en julle hoor nou nog hoe swaar ek kry. Nou kry julle saam met my swaar.
FILIPPENSE 1:27-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie, en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel 'n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God; omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly, terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.
FILIPPENSE 1:27-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie. Dit is vir hulle 'n teken van húlle ondergang en van júlle redding, en dit kom van God. God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.
FILIPPENSE 1:27-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nog net dit: Tree so op dat dit die evangelie van •Christus waardig is, sodat, of ek kom en julle sien, of nie teenwoordig is nie, ek aangaande julle omstandighede mag hoor dat julle in één gees vasstaan, en een van hart en siel saam stry vir die geloof in die evangelie, en julle in geen opsig deur julle teenstanders laat afskrik nie. Vir hulle is dit 'n teken van ondergang, maar vir julle is dit 'n teken van verlossing – en dit kom van God. Dit is immers ter wille van Christus aan julle as gawe gegee om nie net in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly. Julle stry dieselfde stryd wat julle my sien stry het, en waarvan julle nou hoor dat ek nog steeds stry.
FILIPPENSE 1:27-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat julle wandel net wees soos dit die evangelie van Christus betaam, sodat of ek kom en julle sien of anders afwesig is, ek van julle sake kan hoor, sodat julle vasstaan in een gees, eensgesind en saam stry vir die geloof van die evangelie; En in niks verskrik vir julle teëstanders nie, wat vir hulle 'n duidelike teken van verderf is, maar vir julle van redding en dié van God. Want aan julle is dit gegee ter wille van Christus, nie alleen om in Hom te glo nie, maar ook om ter wille van Hom te ly; Met dieselfde stryd wat julle in my gesien het, en nou hoor dat dit in my is.
FILIPPENSE 1:27-30 Die Boodskap (DB)
Gedra julle altyd so dat julle ’n advertensie vir Christus is. Daarmee moet julle regtig moeite doen. Ek wil net goeie dinge van julle hoor, of ek nou na julle toe kom of nie. Ek wil hoor dat julle soos een man saamstaan en alles doen om ander mense te oortuig dat die goeie boodskap regtig goed is. Moenie dat die ander wat van julle verskil, julle senuagtig of bang maak nie. Die feit dat julle nie sommer weghardloop nie, sal vir hulle wys dat hulle op die verkeerde pad en julle op die regte pad is. Julle pad loop na God toe. Hy is die Een wat julle red omdat julle in Christus glo. Ons het dit nie verdien nie, maar God het dit ter wille van Christus vir ons gedoen.Daarom is dit nie te veel gevra om ter wille van Christus ook swaar te kry nie. Kyk maar na my. Ek is nie al een wat ter wille van Jesus swaarkry nie. Ek en julle stap sy aan sy as Christene, en daarom lê daar soms ook vir julle ’n moeilike, opdraande pad voor.
FILIPPENSE 1:27-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoofsaak is dat julle leefstyl moet pas by die Goeie Nuus van Christus. Só sal ek dan as ek kom, sién of as ek nie kan kom nie, hóór dat julle met één gees vasstaan en soos ’n span eendragtig saamveg vir ons geloof in die evangelie. Ek sal hoor dat teenstanders julle glad nie afskrik nie. Vir hulle is dit ’n bewys dat hulle verlore gaan, maar vir julle is dit ’n bewys dat God self julle red! Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle voer dieselfde stryd wat julle my vroeër sien stry het. En soos julle gehoor het, duur my stryd nog steeds voort.