Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer. My onderrig sal goed wees as jy dit jou eie maak en dit kan gebruik. Vandag onderrig ek spesifiek vir jou sodat jy op die HERE kan vertrou. Ek skryf 30 voorskrifte vir jou neer. Hulle is vol raad en kennis. Deur hulle sal jy in staat wees om die waarheid te herken en betroubaar verslag te doen aan die mense wat jou stuur. Moenie ’n arm mens uitbuit net omdat hy arm is nie. Moenie die hulpelose in hofsake uitbuit nie. Die HERE sal hulle saak verdedig. Hy sal mense wat hulle beroof, weer van húlle lewe beroof. Moenie vriende maak met ’n humeurige mens nie. Bly ver weg van een wat ongeduldig is. Jy moenie dalk sy maniere by hom aanleer nie. Dit sal die oorsaak word van jou eie ondergang. Moenie borg staan vir iemand nie. Moenie instaan vir ander se skuld nie. As jy dit nie kan terugbetaal nie, sal hulle selfs jou bed onder jou wegvat. Moenie grensdrade verskuif wat jou voorouers opgerig het nie. Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie.
Lees SPREUKE 22
Luister na SPREUKE 22
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SPREUKE 22:17-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's