PSALMS 19:5-7

PSALMS 19:5-7 NLV

hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. Die son se woonplek is in die hemel, waar God dit geplaas het. Soos ’n bruidegom verskyn hy uit sy kamer, soos ’n held op die baan, ywerig om weg te spring. Aan die een kant van die horison kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder. Niks kan sy hitte ontkom nie.