PSALMS 19:7-11

PSALMS 19:7-11 NLV

Aan die een kant van die horison kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder. Niks kan sy hitte ontkom nie. Die HERE se voorskrifte is volkome, dit gee nuwe lewenskrag. Die bepalings van die HERE is betroubaar; dit maak die eenvoudige verstandig. Die HERE se bevele is reg, dit bring vreugde vir die hart. Die opdragte van die HERE is duidelik; dit gee insig vir die lewe. Die gebooie van die HERE is suiwer, dit bly vir altyd staan. Die HERE se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as die fynste goud. Hulle is soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek.