Psalms 19:7-11

Psalms 19:7-11 DB

Hy begin met sy werk aan die een kant van die wêreld en loop heeltemal om tot by die ander punt. So straal die son sy hitte op elke millimeter van die wêreld uit. So werk die Here se wet ook. Daar is geen foute in nie. Soos die son oor alles skyn, so speel die wet ’n rol in ons hele lewe. Dit bring nuwe krag in jou lewe. Jy kan altyd op die wet staatmaak. Dit is betroubaar, want dit leer mense wat nog nie ervaring het nie hoe om gelukkig te lewe. Die Here wil hê mense moet die regte dinge doen. Dan sal hulle vol blydskap wees. Die Here se opdragte is baie duidelik. Dit leer jou watter pad die regte een is. En dit maak jou bly as jy op die regte pad loop. As jy die Here dien, bly verkeerde dinge ver van jou af weg. Wat die Here sê, laat jou gesig skitter. Die Here verwag dat sy kinders na Hom moet luister. God se wet geld vir altyd. Dit wys ons hoe om te leef soos God wil hê. Wat Hy sê, is reg. Sy woorde leer jou om reg en regverdig te lewe. Wat God wil hê, is vir jou lewe kosbaarder as goud; dit is baie meer werd as ’n hele hoop suiwer goud. Om God se wil te doen bring groter vreugde as die soetste heuning wat daar is.