En nou, broers en susters – ek praat immers met mense wat die wet ken – julle weet tog dat die wet net van toepassing is op mense solank hulle lewe. Byvoorbeeld: As ’n vrou met ’n man trou, bind die wet haar aan haar eggenoot vir so lank as wat hy lewe. Maar as hy te sterwe kom, is die huwelikswet nie meer op haar van toepassing nie. As sy dus, terwyl haar man nog lewe, met ’n ander man trou, pleeg sy egbreuk. Maar as haar man te sterwe kom, is sy vrygestel van die huwelikswet en pleeg sy nie egbreuk as sy hertrou nie.
Lees ROMEINE 7
Luister na ROMEINE 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: ROMEINE 7:1-3
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's