En daarom het ek vir Timoteus na julle toe gestuur. Ek het vir Timoteus gehelp om die Here te leer ken, en nou is hy vir my soos 'n kind, ek is baie lief vir hom. Timoteus sal ook doen wat hy moet doen. Hy sal julle help om te onthou wat ek vir die mense leer. Dit is dieselfde dinge wat Christus Jesus vir die mense geleer het. En dit is dieselfde dinge wat ek vir die mense in al die gemeentes leer. Party van julle het gedink ek sal nie weer na julle toe kom nie, en daarom het hulle gedink hulle is nou baie belangrik. Maar ek sál gou weer na julle toe kom, as die Here wil hê dat ek dit moet doen. En dan sal ek uitvind of hierdie mense net praat, en of hulle ook iets doen. Want waar God Koning is, daar práát mense nie net oor die dinge van God nie, God gee vir hulle krag om te dóén wat Hy wil hê. Julle mag self kies wat ek moet doen wanneer ek weer na julle toe kom: Moet ek baie kwaai wees of moet ek vol liefde wees en nie kwaai nie?
Lees 1 Korintiërs 4
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Korintiërs 4:17-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's