Juis daarom stuur ek Timoteus na julle toe. Hy is vir my soos ’n seun en ek het hom baie lief. Hy is ook baie getrou aan die Here. Hy sal weer met julle gesels oor hoe ek as Christen leef en wat ek oor Christus leer. Julle onthou mos nog. Dit is wat ek oral, in elke gemeente, vir al die mense leer. Daar is party van julle wat ewe windmakerig hulle invloed in die gemeente wil laat geld en voorgee dat ek nie die moed sal hê om weer na julle toe te kom nie. Daar wag ’n verrassing vir julle. As die Here my toelaat, is ek binnekort weer daar by julle. Dan sal ons sien of daardie ouens wat so baie van hulleself dink net ’n klomp wind is en of daar iets in hulle steek. Immers, as iemand ’n kind van God is, sal ’n mens in die manier waarop hy leef die krag van God kan sien. Dit vra baie meer as om net ’n klomp storietjies te maak. As julle nou moet kies, wat sou julle wou hê? Moet ek met ’n sambok kom om slae te kom uitdeel of moet ek liewer met liefde en vriendelikheid kom? Besluit julle maar self.
Lees 1 Korintiërs 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 4:17-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's