1 Petrus 1:22-25

1 Petrus 1:22-25 ABA

Julle was gehoorsaam aan die waarheid en so het julle julleself gereinig, nou kan julle waarlik lief wees vir mekaar. Daarom moet julle baie lief wees vir mekaar, julle moenie vals wees en ophou om lief te wees vir mekaar nie. God het 'n nuwe lewe vir julle gegee, maar dit was nie soos wanneer 'n kind gebore word uit ouers wat kan sterf nie. Nee, God het vir julle hierdie nuwe lewe gegee toe Hy met julle gepraat het, God wat lewe en wat altyd daar is. Want in die Ou Testament is geskryf: Al die mense is soos gras. Hulle is miskien mooi en goed, maar hulle is soos die veldblomme. Gras word droog, en blomme val af, maar wat die Here sê, sal nooit verander nie.