'n Man van God het na Eli toe gekom en vir hom gesê: “Die Here sê: Ek het vir jou voorvader se familie duidelik gewys wie Ek is. Dit was toe hulle in Egipte by die farao se huis was. Ek het jou voorvader gekies uit al die Israeliete om my priester te wees. Ek het hom gekies om by my altaar te kom om die wierook-offer aan die brand te steek, en om die skouer-kleed te dra. Ek het vir sy familie al die vuur-offers gegee wat die Israeliete gebring het. Hoekom maak jy nou of my offers en my presente nie belangrik is nie? Ek het gesê die Israeliete moet daardie offers en presente vir My bring. Hoekom respekteer jy jou seuns meer as vir My? Jy maak hulle vet met die beste van al die presente wat my volk Israel vir Mý bring.
Lees 1 Samuel 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Samuel 2:27-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's