Daniël 10

10
Die man by die Tigris-rivier
1Daniël het 'n boodskap gekry. Dit was in die derde jaar nadat Kores koning geword het van Persië. Daniël se ander naam was Beltsassar. Die dinge wat Daniël gehoor het, het regtig gebeur. Dit was moeilik om die boodskap te verstaan, maar Daniël het verstaan, want hy het gesien wat sal gebeur.
2Ek, Daniël, het daardie tyd drie weke lank gerou en getreur. 3Ek het nie lekker kos geëet nie, ek het nie vleis geëet en wyn gedrink nie, en daardie drie weke het ek nie olyf-olie aan my gesmeer nie.
4Ek het op die wal van die groot Tigris-rivier gestaan. Dit was op die 24ste dag van die eerste maand. 5Ek het gekyk en toe sien ek daar staan 'n man. Sy klere was van linne en sy belt was van goud. 6Sy lyf was soos mooi klip, sy gesig was soos weerlig en sy oë was soos vlamme vuur. Sy arms en bene was soos brons wat blink gevryf is. Wanneer hy gepraat het, dan was sy stem soos die stemme van baie mense wat saam praat.
7Net ek, Daniël, het die man gesien. Die manne wat by my was, het niks gesien nie, maar hulle het groot geskrik en hulle het weggekruip. 8Ek was alleen en ek het die man gesien. Ek was baie bang, my gesig was baie bleek en ek het baie swak geword. 9Ek het gehoor die man praat, en toe ek hom hoor, het ek met my gesig teen die grond gaan lê. Ek was bewusteloos.
10Maar 'n hand het my gevat en die hand het my opgetel. Ek het op my knieë en my hande gestaan. Ek het gebewe. 11Die man het vir my gesê: “Daniël, God hou van jou. Hy het my na jou toe gestuur, en jy moet luister na wat ek vir jou sê. Staan op.”
12Toe die man dit vir my sê, het ek opgestaan, maar ek het nog gebewe. Hy het vir my gesê: “Daniël, jy moenie bang wees nie. Jy wou graag verstaan wat jy gesien het, en jy was soos iemand wat rou. Jou God het daardie eerste dag gehoor wat jy wil bid en Hy het my na jou toe gestuur. 13Die engel van die Perse het my 21 dae lank gekeer, maar 'n ander engel, Migael, het gekom en my gehelp, en ek kon toe weggaan van die Persiese konings. Migael is een van die leiers van die engele. 14Ek het gekom om vir jou te sê wat met jou volk sal gebeur en om dit vir jou te wys.”
15Die man het dit vir my gesê, maar ek het voor my op die grond gekyk. Ek kon niks sê nie. 16Hy het soos 'n mens gelyk en hy het aan my lippe geraak. Toe kon ek praat. Ek het vir die man voor my gesê: “Meneer, ek het groot geskrik toe ek jou sien. Ek is baie swak. 17Ek is soos 'n slaaf vir Meneer. Ek kan nie met jou praat nie. Ek is te swak, ek het nie asem nie.”
18Die man wat soos 'n mens gelyk het, het weer aan my geraak. Ek het toe sterk geword. 19Hy het vir my gesê: “Jy moenie bang wees nie. God hou van jou. Hy sal dit goed laat gaan met jou en Hy sal jou sterk maak.”
Ek het sterk geword toe die man met my gepraat het. Ek het gesê: “Meneer, jy kan nou praat, want jy het my sterk gemaak.”
Die vier konings
20-21Die man het gesê: “Weet jy hoekom ek na jou toe gekom het? Ek moet nou teruggaan om oorlog te maak teen die engel van die Perse. Wanneer ek hom gewen het, dan sal die engel van die Grieke my aanval. Niemand help my om teen hulle oorlog te maak nie, net julle engel Migael help my. Maar ek sal nou vir jou sê wat geskryf is in die Boek van die Waarheid.

Tans Gekies:

Daniël 10: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan