Daniël 2:19-23

Daniël 2:19-23 ABA

Die God van die hemel het daardie nag vir Daniël gewys wat die koning gedroom het. Daniël het God geprys. Hy het gesê: “Die mense moet die Naam van God altyd prys, want Hy weet alles en Hy is baie sterk. Hy laat jare en maande verbygaan en Hy sê wat moet gebeur. Hy vat konings weg, Hy kies nuwe konings en stel hulle aan. God gee wysheid en kennis vir wyse en verstandige mense. Hy help mense om moeilike dinge te verstaan. Hy weet wat in die donker is, want by Hom is lig. Ek prys U, God van my voorvaders, want U het vir my wysheid gegee en U het my sterk gemaak. U het vir my gesê wat ek vir U gevra het. U het vir ons gesê wat die koning gedroom het.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Daniël 2:19-23