Deuteronomium 30:17-18

Deuteronomium 30:17-18 ABA

Maar as julle ontrou word aan die Here en nie gehoorsaam is nie, en as mense julle verlei sodat julle voor ander gode buig en hulle dien, dan sê ek vandag vir julle dat julle almal sal sterf, julle almal. Julle sal nie lank lewe in die land oorkant die Jordaan-rivier nie, die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te gaan vat.