Deuteronomium 8:12-14

Deuteronomium 8:12-14 ABA

Wanneer julle eet en genoeg kry en mooi huise bou en daarin woon, en julle het baie beeste en skape en bokke, en julle silwer en goud word baie, alles wat julle het, word baie, dan moet julle nie hoogmoedig word en julle God die Here vergeet nie. Hy het julle uit die land Egipte gebring, die land waar julle slawe was.