Prediker 12:13-14

Prediker 12:13-14 ABA

Wanneer jy klaar na alles geluister het, dan moet jy dít onthou: Jy moet vir God respekteer en jy moet Hom dien. Jy moet doen wat Hy sê, want Hy sê dit vir elke mens. Ja, God sal alles oordeel wat jy doen, Hy sal ook die dinge oordeel waarvan ander mense nie weet nie, die goeie dinge én die slegte dinge.