PREDIKER 12:13-14
PREDIKER 12:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy klaar na alles geluister het, dan moet jy dít onthou: Jy moet vir God respekteer en jy moet Hom dien. Jy moet doen wat Hy sê, want Hy sê dit vir elke mens. Ja, God sal alles oordeel wat jy doen, Hy sal ook die dinge oordeel waarvan ander mense nie weet nie, die goeie dinge én die slegte dinge.
PREDIKER 12:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.
PREDIKER 12:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.
PREDIKER 12:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die slotsom is, nadat alles gehoor is: Betoon ontsag vir God en kom sy gebooie na; dit geld immers die hele mensdom. Want oor elke daad sal God self oordeel, oor alles wat verborge is, of dit goed is of kwaad.
PREDIKER 12:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat ons die uiteinde van die hele saak hoor: Vrees God en bewaar sy gebooie, want dit is die hele plig van die mens. Want God sal elke werk in die oordeel bring, met alles wat verborge is, of dit goed of sleg is.
PREDIKER 12:13-14 Die Boodskap (DB)
Een ding bly nog oor, en dit is dat almal God moet vrees en sy voorskrifte moet gehoorsaam. Onthou, God kyk na wat almal doen. En God self sal besluit of dit goed is of sleg.
PREDIKER 12:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Na alles wat jy gehoor het, is dit die finale slotsom: Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra. Want God gaan elke daad beoordeel, ook wat jy in die geheim gedoen het, of dit goed is of kwaad.