Efesiërs 1:4-6

Efesiërs 1:4-6 ABA

God het ons gekies sodat ons aan Christus kan behoort. Ja, God het ons gekies voordat Hy die wêreld gemaak het. Hy het dit gedoen sodat ons aan Hom sal behoort en reg sal lewe en vol liefde sal wees. Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy besluit dat ons sy kinders moet wees. Hy het vir Jesus Christus gestuur sodat ons God se kinders kon word. God wou graag hê ons moet sy kinders wees. God was baie goed vir ons, Hy het sy Seun gestuur, Hy is lief vir sy Seun. Daarom prys ons Hom, die Koning wat goed is vir ons.