Genesis 3:1-4

Genesis 3:1-4 ABA

Die slang was slimmer en skelmer as al die wilde diere wat die Here God gemaak het. Die slang het vir die vrou gevra: “Is dit waar? Het God gesê julle mag niks van die bome in die tuin se vrugte eet nie?” Die vrou sê toe vir die slang: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin, maar God het gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie. Hy het gesê ons mag nie daaraan raak nie, want dan sal ons sterf.” Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal nie sterf nie. Dit is seker.