Die mens en sy vrou het gehoor die Here God loop in die tuin. Dit was aand, en die wind het gewaai. Die mens en sy vrou het toe vir die Here God weggekruip tussen die bome in die tuin. Toe roep die Here God die mens en Hy vra vir hom: “Waar is jy?” Die mens het geantwoord: “Ek het gehoor U is in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe kruip ek weg.” Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het vir jou gesê jy is kaal? Het jy geëet van die vrugte wat Ek gesê het jy mag nie eet nie?” Die mens het gesê: “Ú het die vrou vir my gegee. Dit is sý wat vir my van die vrugte gegee het, en ek het daarvan geëet.” Die Here God vra toe vir die vrou: “Wat het jy gedoen?” En die vrou sê: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.” Toe sê die Here God vir die slang: “Ek vervloek jou omdat jy dit gedoen het. Al die mak diere en die wilde diere sal nie vervloek wees nie, maar jý sal vervloek wees. Jy sal op die grond seil en jy sal stof eet totdat jy doodgaan. “Jy en die vrou sal altyd vyande wees, en julle kinders sal ook altyd vyande wees. Haar nageslag sal probeer om jou dood te maak, en jy sal haar nageslag pik.” Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry wanneer jy swanger is. Jy sal baie swaar kry wanneer jou kinders gebore word. Jy sal altyd jou man begeer. Jou man sal jou hoof wees.” Daarna het die Here God vir die mens gesê: “Jy het na jou vrou geluister en jy het geëet van die vrugte van die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. Ek het vir jou gesê jy moenie daarvan eet nie. Daarom vervloek Ek die grond waarin jy moet werk. Jy sal baie swaar kry en jy sal jou hele lewe lank hard werk om genoeg kos te kry. Daar sal dorings en bossies uit die grond groei, en jy sal veldplante eet. Jy sal hard werk en sweet om kos te kry. Jy sal aanhou werk totdat jy sterf en teruggaan na die grond, want jy kom uit die grond. Ja, jy is stof en jy sal weer stof word.” Die mens het sy vrou Eva genoem, want sy het die ma geword van al die mense. Die Here God het velle geneem en Hy het vir die mens en sy vrou klere gemaak en dit vir hulle aangetrek. Toe sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword, want hy weet nou wat goed is en wat sleg is. Hy mag nie nou ook eet van die boom wat lewe gee nie, want dan sal hy altyd lewe.” Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die Eden-tuin. Hy moes werk in die grond waarvan God hom gemaak het. Die Here God het die mens weggejaag en Hy het gerubs by die pad oos van die Eden-tuin laat wagstaan. Hulle het swaarde van vuur gehad en hulle moes keer dat die mense nie by die boom kom wat lewe gee nie.
Lees Genesis 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 3:8-24
6 dae
Sonde word slegs deur die bloed van Jesus afgewas. Hierdie leesplan sal jou help om te verstaan wat die gevolge van sonde is, wat om te doen as jy jou sonde bely en nie vergifnis beleef nie, hoe jy seker kan wees dat jou God jou sonde vergewe het en wat Jesus as sonde beskou.
7 Dae
Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.
8 Dae
Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.
10 Days
Does God still speak to us today? And if so, how can we distinguish His voice from the deceptions and distortions of the enemy? Join Dr. Charles Stanley as he helps you identify the voice of God, listening actively for His guidance and separating truth from false messages intended to deceive. Discover your key role in the practice of prayer and listening to the voice of God.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's