Hosea 8

8
Die vyande sal soos 'n stormwind wees
1Die Here het gesê:
“Julle moet die ramshoring blaas
en die mense waarsku,
want die vyande kom.
Hulle is soos arende
wat bokant die tempel
vlieg en draai.
Dit gebeur omdat
die mense van Israel
die verbond met My breek.
Hulle wil nie luister na My nie.
2Hulle roep en sê vir My:
‘U is ons God.
Ons is u volk Israel,
ons is naby U.’
3Maar hulle het opgehou
om goed te doen.
Daarom sal die vyande
hulle aanval.
4“Hulle het konings
en amptenare gekies
en aangestel,
maar hulle het nie vir My gevra
wie hulle moet aanstel nie.
Hulle het beelde gemaak
van goud en silwer.
Daarom sal die vyande
hulle doodmaak.
5Hulle het in Samaria
'n beeld gemaak
van 'n bul-kalf.
Ek hou nie daarvan nie,
Ek is baie kwaad vir hulle.
Hoe lank sal hulle
onrein bly?
Altyd?
6Daardie beeld is nie 'n god nie,
want 'n Israeliet het dit
met sy hande gemaak.
Daarom sal die vyande
die kalfbeeld van Samaria
stukkend slaan.
7“Die mense van Samaria
was soos die wind,
maar die vyande
sal soos 'n stormwind wees.
Die vyande sal die bietjie koring
wat julle afsny, alles op-eet.
8Die Israeliete kry swaar
tussen die ander volke.
Niemand hou van hulle nie,
9want hulle het na Assirië gegaan
en vriende gesoek.
Die mense van Efraim
is soos wildedonkies
wat alleen rondloop.
10Hulle het vriende gesoek
by die ander volke,
maar dit sal nou
nog slegter met hulle gaan.
Ek sal hulle nou
op een plek laat bly,
en hulle sal baie swaar kry.
Die koning van Assirië
sal hulle baie belasting
laat betaal.
11“Ja, die mense van Efraim
het baie altare gebou
en hulle het sonde gedoen
by al die altare.
12Ek het al my wette
vir hulle neergeskryf,
maar hulle het gemaak
of hulle niks
van my wette weet nie.
13Hulle het vir My offers gebring,
maar hulle het die vleis self geëet.
Ek hou nie van hulle nie.
Ek sal onthou dat hulle
sonde gedoen het
en Ek sal hulle straf:
Hulle sal moet teruggaan
na Egipte.
14“Die mense van Israel het vergeet
dat Ek hulle gemaak het.
Hulle en die mense van Juda
het mooi huise gebou,
en ook sterk mure
om die stede.
Maar Ek sal vuur stuur,
en die vuur sal die stede
en die groot en sterk huise afbrand.”

Tans Gekies:

Hosea 8: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan