Jesaja 20

20
Jesaja moet wys wat sal gebeur met die lande Kus en Egipte
1Koning Sargon van Assirië het sy hoof-offisier na die stad Asdod gestuur, en die hoof-offisier het die stad oorwin. 2In daardie tyd het die Here vir Jesaja gestuur om 'n boodskap te bring. Jesaja was die seun van Amos. Die Here het vir Jesaja gesê: “Gaan trek uit jou rouklere en jou skoene.”
Jesaja het dit gedoen. Hy het kaal en sonder skoene geloop. 3Die Here het toe gesê: “My dienaar Jesaja het drie jaar lank kaal en sonder skoene geloop, en dit was 'n teken wat gewys het wat sal gebeur met die lande Egipte en Kus. 4Die koning van Assirië sal die mense van Egipte en Kus vang en wegvat, die jongmanne en die oumanne. Hulle sal kaal wees en sonder skoene, en die Egiptenaars sal skaam wees oor hulle kaal liggame. 5Die mense wat gedink het die mense van Kus en Egipte sal hulle help, sal weet hulle kan nie help nie. 6Die mense wat langs die see woon, sal daardie dag sê: ‘Kyk wat het gebeur! Ons het gedink die mense van die lande Kus en Egipte sal ons kan help teen die koning van Assirië, maar nou weet ons dat ons nie vry sal word nie.’ ”

Tans Gekies:

Jesaja 20: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan