Jy moenie bang wees nie, jy moenie dink jy beteken niks nie. Jy moenie skaam wees nie, want niemand sal jou weer verneder nie. Jy sal die tyd vergeet toe jy 'n jongmeisie was en toe jy 'n weduwee was, toe ander mense jou gespot het. Want die Een wat jou gemaak het, is jou Man, sy Naam is Here wat oor alles regeer. Jou Bevryder is die Heilige God van Israel, sy Naam is God van die hele aarde.” Jerusalem, jou God sê: “Jy was soos 'n vrou, haar man wou haar nie meer hê nie. Toe Ek jou geroep het, was jy soos 'n vrou met wie 'n man getrou het toe hy nog jonk was, maar later het hy haar weggejaag. Jy was baie hartseer. Ek het jou 'n kort tydjie gelos, maar nou neem Ek jou weer terug en Ek is weer baie lief vir jou. Ek het kwaad geword en Ek wou jou 'n kort tydjie nie sien nie, maar Ek sal weer jammer wees vir jou en Ek sal altyd lief wees vir jou.” Dit sê die Here wat jou vrymaak.
Lees Jesaja 54
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Jesaja 54:4-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's