Jeremia 11

11
Israel en Juda het my verbond gebreek
1Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:
2“Jy moet hoor wat Ek gesê het toe Ek 'n verbond gemaak het met die Israeliete, en jy moet dit sê vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon. 3Jy moet vir hulle sê: Die Here, die God van Israel, sê: Ek vervloek die man wat nie gehoorsaam is aan wat Ek gesê het toe Ek met julle voorvaders 'n verbond gemaak het nie. 4Dit het in Egipte baie sleg gegaan met julle voorvaders, en Ek het hulle uit Egipte gebring. Ek het vir hulle gesê: Julle moet gehoorsaam wees aan My en julle moet alles doen wat Ek vir julle sê. Dan sal julle my volk wees en Ek sal julle God wees. 5En dan sal Ek aanhou doen wat Ek vir julle voorvaders belowe het. Ek het gesê Ek sal vir hulle 'n land gee waar daar baie melk en heuning is, en julle het vandag so 'n land.”
Ek, Jeremia, het geantwoord: “Amen, Here.”
6Toe sê die Here vir my: “Gaan praat met die mense in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem. Jy moet vir hulle sê: Julle moet gehoorsaam wees en doen wat Ek gesê het toe Ek 'n verbond gemaak het met julle voorvaders.
7“Vandat Ek julle voorvaders uit Egipte gebring het tot vandag toe het Ek aangehou om vir julle te sê: Julle moet gehoorsaam wees aan My. 8Maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie. Julle was hardkoppig en het aangehou lewe soos julle slegte harte vir julle gesê het. Daarom het Ek met julle laat gebeur wat Ek gesê het toe Ek die verbond gemaak het met julle voorvaders. Julle het nie gedoen wat Ek gesê het julle moet doen nie.”
9Die Here het ook vir my gesê: “Die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon, het besluit om ander gode te dien. 10Hulle het dieselfde sondes gedoen wat hulle voorvaders gedoen het. Hulle voorvaders was nie gehoorsaam aan wat Ek gesê het nie en hulle het ander gode gaan dien. Die volk Israel en die volk Juda het die verbond gebreek wat Ek met hulle voorvaders gemaak het. 11Daarom sal Ek hulle straf. Hulle sal swaarkry en hulle sal My roep en vra Ek moet help, maar Ek sal nie luister nie. 12Die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon, sal dan na hulle gode roep en hulle sal vra dat die gode hulle moet help. Hulle het wierook-offers vir daardie gode gebring, maar die gode sal hulle glad nie kan red wanneer dit sleg gaan nie. 13Die mense van Juda het baie gode gehad, so baie soos hulle stede. In Jerusalem was daar baie altare, so baie soos hulle strate. Hulle het wierook-offers op die altare gebring vir die skande-afgod Baäl. 14En jy, Jeremia, jy moenie vir hierdie volk bid nie, jy moenie vir My vra om hulle te help nie, want Ek sal nie luister wanneer hulle My roep nie, Ek sal nie hulle swaarkry wegvat nie.
15“Julle loop heen en weer in my tempel
en julle maak slim planne,
dit sal julle niks help nie.
Julle offer baie vleis,
maar dit sal nie julle swaarkry wegvat nie.
Julle het slegte dinge gedoen,
en julle mag nie nou juig nie.”
16Die Here het gesê julle is soos groen olyfbome
wat mooi vrugte dra, maar nou sal Hy vyande laat kom,
en hulle sal skree en die olyfbome se blare brand
of die blare van die takke af-eet.
17Die Here wat oor alles regeer, het die olyfboom geplant, Hy het vir die Israeliete lewe gegee. Maar Hy het nou besluit dat hulle sal swaarkry, want die volk Israel en die volk Juda het slegte dinge gedoen. Hulle het vir Baäl wierook-offers gebring en so het hulle die Here kwaad gemaak.
Jeremia se vyande wil hom doodmaak
18Die Here het dit vir my gesê, en nou weet ek dit. Hy het my laat sien wat my vyande doen. 19Ek was soos 'n mak lam, hulle wou my slag, maar ek het dit nie geweet nie. Hulle het planne gemaak teen my en hulle het gesê: “Kom ons kap hierdie boom af saam met sy vrugte. Ons wil hom wegvat van die mense wat lewe. Niemand moet onthou dat hy gelewe het nie.”
20Here, U wat oor alles regeer, U is die Regverdige Regter, U weet wat mense dink. U moet vir my wys dat U my vyande straf, want ek het vir U vertel wat hulle gedoen het.
21Die Here het gesê: “Jeremia, die manne van die stad Anatot wil jou doodmaak. Hulle het gesê: ‘Jy mag nie 'n profeet wees nie, jy mag nie sê die Here het jou gestuur nie. As jy dit doen, dan sal ons jou doodmaak.’ ”
22Die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Omdat hulle dit gedoen het, sal Ek hulle straf. Hulle jongmanne sal sterf in oorlog, hulle seuns en dogters sal sterf, want hulle sal nie kos hê om te eet nie. 23Nie een van hulle sal aanhou lewe nie. Dit sal sleg gaan met die manne van Anatot wanneer Ek hulle straf.”

Tans Gekies:

Jeremia 11: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan