Jeremia 20:8-9

Jeremia 20:8-9 ABA

want elke maal wanneer ek moet praat, dan moet ek skree en sê hoe ander mense hulle sal seermaak en sal laat swaarkry. Die mense spot my en hulle lag vir my omdat ek sê wat U vir my sê. En wanneer ek dink ek sal U vergeet en ek sal nie u profeet wees nie, dan brand dit soos 'n vuur binne-in my. Ek probeer stilbly, maar ek is moeg, ek kan nie meer nie.