Johannes 15:14-17
Johannes 15:14-17 ABA
Julle is my vriende as julle doen wat Ek sê. Ek noem julle nie meer slawe nie, want 'n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Ek noem julle vriende, want Ek het vir julle alles vertel wat Ek by my Vader gehoor het. Julle het My nie gekies nie, Ek het julle gekies. Ja, Ek het julle gekies en aangestel om vrugte te dra, vrugte wat nie sleg word nie. Dan sal die Vader vir julle alles gee as julle dit vra omdat julle aan My behoort. Ek sê vir julle: Julle moet lief wees vir mekaar.”





