Dit was amper tyd vir die Joodse Paasfees. Daarom het Jesus na Jerusalem gegaan. By die tempel het Hy mense gesien wat beeste, skape en duiwe verkoop. Daar het ook mense gesit wat geld omruil. Toe het Jesus tou geneem en Hy het 'n sweep gemaak. Hy het almal uit die tempel gejaag, ook die skape en die beeste. Hy het die mense wat geld omruil, se geld op die grond gegooi. Hy het hulle tafels ook omgegooi. Hy het vir die mense wat duiwe verkoop, gesê: “Vat weg al hierdie goed! Julle moenie 'n winkel maak van my Vader se tempel nie!” Toe onthou sy dissipels dat daar in die Ou Testament geskryf is: Ek sal sterf omdat Ek lief is vir u tempel. Maar die Jode het vir Jesus gevra: “Wys vir ons 'n wonderteken om vir ons te bewys dat jy al hierdie dinge mag doen.” Jesus het vir hulle gesê: “Julle kan hierdie tempel afbreek, en Ek sal dit in drie dae weer bou.” Die Jode het gesê: “Die mense het 46 jaar gewerk om die tempel klaar te bou! En jy sê jy sal dit in drie dae weer bou! Ons glo dit nie!” Maar Jesus het van sy eie liggaam gepraat toe Hy van die tempel gepraat het. Later, nadat Jesus gesterf het en toe Hy weer begin lewe het, het die dissipels onthou wat Hy gesê het. Hulle het geglo wat in die Ou Testament geskryf is en wat Jesus gesê het.
Lees Johannes 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 2:13-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's