Job 26

26
Job vra of Bildad hom wou help
1Job het weer gepraat. Hy het vir Bildad gesê:
2“Het jy probeer om my te help
omdat ek nie krag het nie?
Wou jy my help omdat ek te swak is
om self iets te doen?
3Het jy probeer om vir my te sê
wat ek moet doen
omdat ek nie wysheid het nie?
Jy het baie gepraat,
soos iemand wat die ware wysheid het.
4Wie het vir jou gesê wat jy moet sê,
by wie het jy dit gehoor?”
Bildad sê niemand kan verstaan wat God alles gedoen het nie
5“Die geeste bewe daar onder die water,
die geeste van die mense wat gesterf het.
6God sien wie in die doderyk is,
niemand kan in die onderwêreld
wegkruip vir Hom nie.
7Niemand kon op die aarde woon
toe God die hemeldak styfgetrek het nie.
Daar was niks onder die aarde
toe God die aarde opgehang het nie.
8God maak die wolke vol reënwater,
en die wolke bars nie van al die water nie.
9God steek sy troon weg in die hemel
agter die wolke.
10Hy het die horison rondom die see gesit,
daar waar die lig ophou en die donker begin.
11Wanneer God kwaai praat,
dan skud en bewe die pilare waarop
die hemeldak staan.
12God is sterk, Hy het die see oorwin,
God het wysheid,
Hy het vir Rahab doodgemaak.
13God laat die wind waai,
en die lug word skoon en helder.
Sy sterk hand het die slang doodgemaak
toe die slang wou vlug.
14Hierdie is net 'n paar van die dinge
wat God gedoen het,
Hy het nog baie meer gedoen.
Ons weet min van Hom,
niemand kan verstaan en weet
wat God alles kan doen nie.”

Tans Gekies:

Job 26: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan