Miga 3:1-4
Miga 3:1-4 ABA
Maar ek sê: Leiers van die Israeliete, julle moet luister! Julle weet wat reg is, maar julle haat alles wat goed is en julle is lief vir alles wat sleg is. Julle maak of my volk diere is. Julle eet hulle vleis en julle slag hulle vel af. Julle kap hulle bene stukkend, julle sny hulle vleis soos 'n mens vleis sny om dit te kook. Dan roep julle na die Here en julle vra dat Hy julle moet help, maar Hy antwoord julle nie. Hy wil nie luister na julle nie, want julle het verkeerd gedoen.



