Miga 7:1-10

Miga 7:1-10 ABA

Dit gaan sleg met my! Dit is soos wanneer die mense die koring klaar afgesny het en die laaste druiwe gepluk het. Dan is daar nie meer druiwe of vye om te eet nie. Daar is niemand in die land wat lewe soos die Here dit wil hê nie. Almal wil mense vermoor, hulle wil mekaar doodmaak. Hulle weet baie goed hoe om verkeerd te doen. Die amptenare en die regters vra geld wanneer hulle iets moet doen. Die belangrike mense sê wat hulle wil hê en hulle kry dit. Waar hulle is, is alles sleg. Die beste amptenare en regters is soos 'n bos vol dorings. Dit lyk of hulle reg lewe, maar hulle is sleg. Die dag sal nou kom, die dag wanneer die Here hulle sal straf. Hulle sal nie meer weet wat om te doen nie. Jy kan nie meer glo wat jou vriend vir jou sê nie. Jy moet oppas wat jy vir jou vrou sê. Seuns respekteer nie meer hulle pa's nie, dogters is parmantig met hulle ma's, en skoondogters met hulle skoonma's. 'n Man se eie familie is sy vyande. Maar ek sal wag totdat die Here kom, ek sal wag totdat my God my kom red. My God sal luister na my gebed. Die mense van Jerusalem sê vir hulle vyande: “Julle moenie bly wees omdat dit so sleg gaan met ons nie. Ons het geval, maar ons sal weer opstaan. Ons sit in die donker, maar die Here is ons lig. Ons het sonde gedoen teen die Here, en daarom sal ons tevrede wees wanneer Hy ons straf. Maar Hy sal ons weer help. Hy sal dit goed laat gaan met ons. Hy sal die donker wegvat en Hy sal ons na die lig bring. Hy sal ons red.” Die mense van Jerusalem sê