Nehemia 1:7-9

Nehemia 1:7-9 ABA

Ons het baie verkeerde dinge gedoen teen U. Ons het nie gedoen wat U wil hê nie, ons het nie gedoen wat U vir u dienaar Moses gesê het nie. U moet onthou dat U vir u dienaar Moses gesê het: ‘As julle ontrou is, dan sal Ek julle na al die kante toe jaag tussen die ander volke, maar as julle terugkom na My toe en as julle doen wat Ek wil hê en wat Ek vir julle gesê het, dan sal Ek julle mense weer bymekaarmaak, die mense wat Ek na al die kante toe gejaag het. Ek sal dit doen ook as hulle in baie ver lande is, en Ek sal hulle bring na die plek wat Ek gekies het om self daar te woon.’