Spreuke 26:17-23

Spreuke 26:17-23 ABA

Iemand wat kwaad word en saam twis wanneer ander mense stry, is soos iemand wat 'n kwaai hond se ore gryp. Iemand wat ander mense bedrieg en dan sê: “Ek het gespeel en 'n grap gemaak,” is soos 'n mal mens wat brandpyle skiet wat mense kan laat sterf. As daar nie hout is nie, dan kan 'n vuur nie brand nie, as niemand skinder nie, dan sal mense nie twis nie. Daar moet hout wees as jy wil vuurmaak, daar moet houtskool wees as jy warm kole wil hê, en daar moet iemand wees wat wil baklei as jy wil hê mense moet twis. Skinderstories is soos lekkers, mense glo graag skinderstories. Wanneer jy mooi dinge sê maar slegte dinge dink, dan is dit soos wanneer jy 'n stuk van 'n kleipot met silwer oortrek.