SPREUKE 26:17-23
SPREUKE 26:17-23 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat kwaad word en saam twis wanneer ander mense stry, is soos iemand wat 'n kwaai hond se ore gryp. Iemand wat ander mense bedrieg en dan sê: “Ek het gespeel en 'n grap gemaak,” is soos 'n mal mens wat brandpyle skiet wat mense kan laat sterf. As daar nie hout is nie, dan kan 'n vuur nie brand nie, as niemand skinder nie, dan sal mense nie twis nie. Daar moet hout wees as jy wil vuurmaak, daar moet houtskool wees as jy warm kole wil hê, en daar moet iemand wees wat wil baklei as jy wil hê mense moet twis. Skinderstories is soos lekkers, mense glo graag skinderstories. Wanneer jy mooi dinge sê maar slegte dinge dink, dan is dit soos wanneer jy 'n stuk van 'n kleipot met silwer oortrek.
SPREUKE 26:17-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie. Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet, so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel sommer. Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits. Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.
SPREUKE 26:17-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand wat 'n kwaai hond sommer aan die ore pak, so is iemand wat woedend instorm in 'n rusie wat hom nie aangaan nie. Soos 'n mal mens wat dodelike pyle rondskiet, so is iemand wat 'n ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.” Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie; sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie aan nie. Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur, en 'n twissiek mens vir rusie stook. 'n Geskinder is soos lekker kos, mense sluk dit so maklik. Soos om 'n potskerf met silwer oor te trek, so is dit om slegte bedoelings agter mooi woorde weg te steek.
SPREUKE 26:17-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Iemand wat 'n hond aan sy ore gryp, so is 'n verbyganger wat hom vererg oor 'n geskil wat hom nie aangaan nie. Soos 'n waansinnige wat brandpyle, dodelike pyle, rondskiet, so is iemand wat sy vriend bedrieg en dan sê: “Ek het maar net 'n grap gemaak.” Sonder hout gaan 'n vuur dood, en in die afwesigheid van 'n kwaadstoker raak 'n stryery stil. Gloeiende kole vir houtskool, hout vir 'n vuur, dit is 'n twissieke man by die aanblaas van 'n geskil. Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye – dit gaan af na die binneste van die liggaam. Soos glasuur wat op 'n potskerf aangebring is, so is vurige lippe en 'n bose hart.
SPREUKE 26:17-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat verbygaan en hom bemoei met twis wat hom nie toekom nie, is soos iemand wat 'n hond aan die ore vat. Soos 'n mal man wat vuurpyle, pyle en dood werp, So is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Is ek nie besig om te sport nie? Waar geen hout is nie, daar gaan die vuur dood; so waar daar geen lasteraar is nie, hou die twis op. Soos kole vir brandende kole en hout vir vuur; so is 'n twisgierige man om twis aan te wakker. Die woorde van 'n kwaadspreker is soos wonde, en dit gaan af na die binneste van die buik. Brandende lippe en 'n goddelose hart is soos 'n potskerf wat met silwer skuim bedek is.
SPREUKE 26:17-23 Die Boodskap (DB)
Om in te meng by ’n rusie waarmee jy niks te make het nie, is dom. Jy sal groot moeilikheid kry. Dis soos om ’n kwaai hond aan sy ore te gryp. Iemand wat onverantwoordelik is met wapens, is dom. Hy kan mense doodmaak. Net so kan jy nie jou vriend seermaak en dan sê dit was ’n grap nie. As daar nie hout is nie, gaan die vuur dood. En as daar nie ’n kwaadstoker is nie, is daar ook nie rusie nie. Soos gloeiende houtskool ’n sukkelende vuurtjie aanhelp en fyn houtjies groot vlamme maak, so veroorsaak ’n rusiemaker oral moeilikheid. Brokkies skindernuus is soos lekkergoed. Almal wil dit hoor. Hulle glo ook alles wat aan hulle vertel word. Verf laat ’n goedkoop kleipot mooi lyk. So verbloem mooi praatjies en goeie maniere dikwels iemand se bose planne.
SPREUKE 26:17-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Om sommer in die verbygaan in te meng in ander mense se rusie is soos om ’n kwaai hond sommer aan sy ore te gryp. Soos ’n kranksinnige wat dodelike wapens afvuur, so is iemand wat ander bedrieg en sê: “Ek het net ’n grappie gemaak.” Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie, so hou ’n rusie op as daar nie skinderpraatjies is nie. ’n Bakleierige mens veroorsaak rusies, net soos gloeiende kole ’n vuur laat opvlam en soos droë hout ’n vuur laat vlam vat. Na skinderstories luister mense graag, maar dit word maklik deel van jou lewe. Glasuur oor ’n potskerf, so is vleiende woorde wat uit ’n bose hart kom.