Spreuke 26

26
1 Soos sneeu in die somer
en reën in die oestyd,
so is eer nie gepas vir 'n dwaas nie.
2Soos 'n voëltjie rondfladder,
soos 'n swaeltjie wegvlieg,
so is 'n onverdiende vervloeking –
daar kom niks van nie.
3 'n Sweep is vir 'n perd,
'n toom vir 'n donkie,
en 'n lat is vir die rug van dwase.
4Moenie 'n dwaas antwoord
in ooreenstemming
met sy sotheid nie,
anders word jy ook dieselfde as hy.
5Antwoord 'n dwaas
in ooreenstemming
met sy sotheid,
anders is hy wys in sy eie oë.
6 Iemand wat sy eie voete afkap,
geweld indrink,
is hy wat boodskappe
stuur met 'n dwaas.
7 Die bene van 'n verlamde
hang slap,
so is 'n spreuk in die mond
van dwase.
8 Soos om 'n klip in 'n slingervel
vas te bind,
so is hy wat aan 'n dwaas
eer bewys.
9'n Doring wat in 'n dronk mens
se hand gesteek het,
so is 'n spreuk in die mond
van dwase.
10 'n Boogskutter wat alles wond,
so is hy wat 'n dwaas huur,
wat verbygangers huur.
11 Soos 'n hond wat terugkeer
na sy braaksel,
so is 'n dwaas wat sy sotheid
herhaal.
12Sien jy 'n mens wat wys is
in sy eie oë?
Daar is meer hoop vir 'n dwaas
as vir hom.
13 Die luiaard sê:
“Daar is 'n jong leeu in die pad,
'n leeu êrens tussen
die dorpspleine!”
14'n Deur draai op sy skarnier
en 'n luiaard op sy bed.
15'n Luiaard steek sy hand
in die skottel,
maar hy is te moeg om dit
na sy mond terug te bring.
16'n Luiaard is in sy eie oë wyser
as sewe mense
wat sinvol antwoord.
17 Iemand wat 'n hond
aan sy ore gryp,
so is 'n verbyganger
wat hom vererg oor 'n geskil
wat hom nie aangaan nie.
18 Soos 'n waansinnige
wat brandpyle, dodelike pyle,
rondskiet,
19so is iemand wat sy vriend
bedrieg en dan sê:
“Ek het maar net 'n grap gemaak.”
20 Sonder hout gaan 'n vuur dood,
en in die afwesigheid
van 'n kwaadstoker
raak 'n stryery stil.
21Gloeiende kole vir houtskool,
hout vir 'n vuur,
dit is 'n twissieke man
by die aanblaas van 'n geskil.
22Die woorde van 'n kwaadstoker
is soos lekkernye –
dit gaan af na die binneste
van die liggaam.
23 Soos glasuur wat op 'n potskerf
aangebring is,
so is vurige lippe en 'n bose hart.
24 Met sy lippe verbloem
'n hater hom,
maar in sy binneste huisves
hy bedrog.
25As hy sy stem innemend maak,
moet jy hom nie vertrou nie;
want daar is sewe afskuwelikhede
in sy hart.
26Al word sy haat deur misleiding
verberg,
sy boosheid sal in die byeenkoms
onthul word.
27 Wie 'n vanggat grawe,
val self daarin,
en wie 'n klip rol,
na hom kom dit terug.
28 'n Vals tong haat dié
wat hy verpletter het,
en 'n gladde mond bewerk 'n ramp.

Tans Gekies:

Spreuke 26: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan