Psalms 130

130
Ek verlang na die Here
1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.
Here, ek is in diep water, ek roep
en ek vra dat U my moet help.
2My Here, U moet hoor, U moet luister,
ek soebat en ek vra dat U my moet help.
3Here, as U aangehou het om te dink
aan die sondes wat mense doen,
Here, wie sou dan nog kon lewe?
4Maar U vergewe mense se sondes,
U wil hê dat hulle U moet dien.
5Ek wag vir die Here, ek verlang na Hom,
ek glo dat Hy sal doen wat Hy gesê het.
6Ek verlang na die Here, ek verlang
meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word,
meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word.
7Israeliete, julle moet in die Here glo,
want die Here doen altyd wat Hy belowe het,
Hy red ons altyd weer.
8Hy sal sy volk Israel red van al hulle sondes.

Tans Gekies:

Psalms 130: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan