Psalms 61

61
U moet die koning lank laat lewe
1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. Van Dawid.
2O God, U moet luister wanneer ek bid,
U moet vir my gee wat ek vra.
3Ek is baie ver van U, maar ek roep
en vra dat U my moet help, ek is moedeloos.
U moet my op 'n hoë rots laat staan
waar ek veilig sal wees.
4Ek vra dit, want U het my altyd beskerm,
U was vir my soos 'n toring
waar die vyande nie by my kan kom nie.
5U moet my altyd by U laat bly,
U moet my beskerm soos 'n hen haar kuikens
beskerm onder haar vlerke.
Sela
6Want U het gehoor dat ek belowe het
om offers te bring vir U.
U het vir my ook 'n plek gegee
by die mense wat vir U dien.
7U moet die koning lank laat lewe, geslagte lank.
8Hy moet altyd koning bly naby U, o God,
U moet doen wat U belowe het, U moet dieselfde bly
en hom altyd beskerm.
9Dan sal ek aanhou om te sing en U te prys
en ek sal elke dag die offers bring wat ek belowe het.

Tans Gekies:

Psalms 61: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan