Psalms 79

79
U moet ons red en U moet ons sondes vergewe
1'n Psalm van Asaf.
O God, heidene het gekom in die plek
wat aan U behoort,
hulle het u gewyde tempel ontwy,
hulle het Jerusalem verwoes,
en daar is nou net hope klippe.
2Hulle het die lyke van u dienaars,
die liggame van die mense wat in U glo,
vir die voëls en die wilde diere gegee om te vreet.
3Hulle het u dienaars se bloed soos water
laat vloei rondom Jerusalem,
en daar was niemand wat hulle begrawe het nie.
4Ons bure beledig ons,
die mense rondom ons lag vir ons en spot ons.
5Here, hoe lank moet dit aanhou?
Wil U altyd kwaad bly vir ons?
Moet dit aanhou om ons te brand soos 'n vuur?
6Dit is die heidene vir wie U kwaad moet wees,
die mense wat nie vir U ken nie en wat nie tot U bid nie.
7Want hulle het die nageslag van Jakob doodgemaak
en hulle woonplek verwoes.
8U moenie vir ons straf oor die sondes
wat ons voorvaders gedoen het nie.
U moet gou weer goed wees vir ons,
want dit gaan baie sleg met ons.
9O God, U wat ons elke maal gered het,
U moet ons help, sodat almal sal weet dat U God is.
U moet ons red en U moet ons sondes vergewe,
sodat almal sal weet wie U is.
10Die heidene vra:
“Waar is hulle God?”
U moet die heidene straf,
ons wil sien hoe die heidene voel
wanneer U hulle straf
omdat hulle u dienaars doodgemaak het
en hulle bloed laat vloei het.
11U moet luister hoe kla en sug die gevangenes,
U moet die mense wat naby die dood is,
laat aanhou lewe.
U is sterk, U kan dit doen.
12Here, U moet aanhou om ons bure te straf
omdat hulle U beledig het.
13Dan sal ons, u volk, u eie mense,
altyd aanhou om vir U dankie te sê.
Ons sal vir elke geslag vertel
hoekom hulle U moet prys.

Tans Gekies:

Psalms 79: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan